On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Foto's: SA se beste bees- en skaapboere

───   14:13 Thu, 20 Nov 2014

Foto's: SA se beste bees- en skaapboere | News Article

Bloemfontein - Noordwes en die Vrystaat het vanjaar se beste bees- en skaapboere in die land opgelewer.

Jan van Zyl, een van die land se grootste beesstoetboere, en sy seuns, Jan jr. en Gideon, wat die uitgebreide Kroon Vee-stoeterye by Vryburg, in Noordwes, en by Olifantshoek, in die Noord-Kaap, bedryf, is gisteraand in Bloemfontein as Suid-Afrika se Beesboere van die Jaar aangewys.
 
Die merinoteler P.D. Jacobs en sy skoonseun, Willem Grobbelaar, van PDrino Merino by Trompsburg, is in Voermol se jaarlikse kompetisie as die Skaapboere van die Jaar aangewys.
 
Die van Zyl’s boer op verskillende plase met kommersiële- en stoet-Brahmane, Afrikaners, Simbras en Afrisims. Jacobs en Grobbelaar boer op 9 000 ha met kommersiële- en stoetmerino’s.
 
Die Vrystaat het vanjaar al die finaliste in die afdeling vir die beesboere opgelewer. Die ander finaliste in die beesafdeling was die Rhys Evans-groep van Viljoenskroon en Kiewiet en Nelius Ferreira van Harrismith.
 
 
 
Beste skaapboere. P.D. Jacobs (links) en sy skoonseun, Willem Grobbelaar. Foto's: Dirk Kok
 
 
 
Beste beesboere. Jan van Zyl (middel) en sy seuns, Jan jr. (links) en Gideon (regs). 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.