On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Eerste nasionale diplomas in veeproduksie toegeken

───   16:26 Fri, 21 Nov 2014

Eerste nasionale diplomas in veeproduksie toegeken | News Article

Bloemfontein - Die nuwe Nasionale Diploma in Veeproduksie is vandag vir die eerste keer toegeken. Altesaam 11 jong boere van die Vrystaat, een van die Noord-Kaap en een van Noordwes het dié kwalifikasie op 'n diplomaplegtigheid van die Bloemfonteinse BathoPele Agri-ontwikkelingsinstituut ontvang.

Dié deeltydse en praktiese kursus vir jong, werkende boere was die breinkind van die Vrystaatse Rooivleisprodusente-organisasie.
 
Dit is 'n omvattende boerdery- en boerderybestuurskursus van 18 maande wat deur AgriSeta erken word.
 
Die Vrystaatse voorsitter van die RPO, Neels de Villiers, sê dié kursus, wat nou oor die land heen aangebied gaan word, is waardevol vir veeboere en die rooivleisbedryf.

Die plan is om van volgende jaar af 25 studente op te lei.
 
 
 
JP le Roux (naasregs), van Kimberley, is aangewys as die beste student. Hetisani Ntshinga (naaslinks), van Bethlehem, het 'n merietetoekenning ontvang. Links is Ernest Beck van die BathoPele Agri-ontwikkelingsinstituut. Regs is Neels de Villiers van die Vrystaatse RPO. Foto: Dirk Kok
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Neels de Villiers:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.