On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Rekords spat op Kersieveiling

───   16:43 Fri, 21 Nov 2014

Rekords spat op Kersieveiling | News Article

Op Ficksburg jubel die boere oor die rekords wat gespat het op die Soutkop-landbouvereniging se jaarlikse Kersieveiling. Vanjaar se omset van meer as R11 miljoen was die hoogste in al die jare.

Vir CMW, die nuwe aanbieder van die veiling, was dit ook 'n rekord. Dit was CMW se hoogste omset nog vir  'n boerevereniging-veiling.
 
Soutkop se voorsitter, Ig Wille, sê hulle is in ekstase. Dit is nie aldag wat 'n klein boerevereniging met só allemintige veiling kan spog nie.
 
Hy sê CMW se goeie werk, mooi diere en die Kersiefees-atmosfeer op die dorp het alles bygedra.
 
Die bestuurder van CMW se vee-afdeling, Chris Troskie, sê kopers van oraloor het goeie pryse vir van lammers en speelkalwers tot slagosse betaal.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 



Podcasts

Chris Troskie:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.