On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Chinese plaas abbatoir-plan op ys oor Ebola

───   14:19 Tue, 20 Jan 2015

Chinese plaas abbatoir-plan op ys oor Ebola | News Article

Bloemfontein - 'n Chinese groep se planne om 'n reuse abbatoir en vleisverwerkingsaanleg in Lesotho te bou, is eers op die ys geplaas as gevolg van die Ebola-uitbreking in Wes-Afrika

Die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat se Neels de Villiers sê die beplande aanleg, vir die slag en verwerking van 700 000 beeste per jaar, is vir Suid-Afrikaanse veeboere 'n groot vooruitsig, maar dit gaan nie nou al 'n werklikheid word nie.
 
Die planne is as gevolg van vrese in China oor Ebola eers op die ys geplaas.
 
De Villiers sê met Suid-Afrika se herwonne bek-en-klouseerstatus lyk die uitvoermoontlikhede vir Suid-Afrika se veeboere belowend. Boere gaan egter meer moet produseer.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Neels de Villiers, RPO:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.