On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

'Private maatskappye nou nodig vir entstowwe'

───   14:25 Tue, 20 Jan 2015

'Private maatskappye nou nodig vir entstowwe' | News Article

Bloemfontein - Die Rooivleisprodusente-organisasie se Vrystaatse voorsitter, Neels de Villiers, sê met Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) se onvermoë om vee-entstowwe tydig te vervaardig, het die tyd aangebreek vir private maatskappye om entstowwe te lewer.

De Villiers sê OBP het nie by sy beloftes van einde verlede jaar nagekom nie nie. Vir veesiektes soos onder meer bloutong en besmetlike misgeboorte kon Onderstepoort tot nou toe slegs klein persentasies van die nodige entstowwe lewer. Daar is ook vrae oor OBP se vermoë om teen einde vandeesmaand entstof teen drie-dae-stywesiekte te lewer.
 
De Villiers sê rolspelers in die veebedryf het hul vertroue in OBP verloor en alternatiewe is nodig voordat die bedryf in 'n krisis gedompel word.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

Podcasts

Neels de Villiers, RPO:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.