On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Seniorram-titel “kersie op die koek” vir Viljoenskroon-boer

───   SABRINA DEAN 17:11 Fri, 20 Mar 2015

Seniorram-titel “kersie op die koek” vir Viljoenskroon-boer | News Article

Bloemfontein - ‘n Skaapboer van Viljoenskroon het op vanjaar se nasionale Suid-Afrikanse Vleismerino-kampioenskap wat van 17 tot 19 Maart by die Bloemskouterrein in Bloemfontein gehou is, vyf gesogte titels verower.

Jan van Biljon van die Niekerksrust-stoet boer al sedert 1968 met Vleismerino’s, nadat sy pa die boerdery in 1950 begin het.
 
Hy het gister aan OFM-nuus gesê hy beskou vanjaar se kampioenskappe as die mees mededingende wat oor die afgelope twintig jaar gehou is. Hy sê hulle is baie bevoorreg en gelukkig om so goed te kon presteer teen uiters sterk kompetisie:
 
'Jan van Biljon - sterk kompetisie'
 
Sy raad aan opkomende boere is dat sukses harde werk verg:
 
'Jan van Biljon - sukses'
 
Intussen sê die bestuurder van die Suid-Afrikanse Vleismerino-telersgenootskap, Jan Vosloo, die gehalte van die diere wat vanjaar vertoon is, is uitsonderlik:
 
'Jan Vosloo'
 
Sabrina Dean/OFM-nuus
 


Podcasts

'Jan van Biljon - sterk kompetisie':

'Jan van Biljon - sukses':

'Jan Vosloo':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.