On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Dorothea Brits steeds kritiek in Mediclinic BFN

───   15:52 Mon, 12 Nov 2012

Dorothea Brits steeds kritiek in Mediclinic BFN | News Article
Lani Fouché

Harrismith - Die vrou van Harrismith se vermoorde ds. Willem Brits se toestand is steeds kritiek. Mediclinic Bloemfontein-woordvoerder Amanda Appelgryn sê Dorothea het gister 'n terugslag beleef en is tans in 'n onstabiele toestand weens haar ernstige hoofbeserings.

Die Brits-egpaar se seun en sy medebeskuldigde het vanoggend vlugtig in die dorp se landdroshof verskyn, waar die saak tot volgende Maandag uitgestel is.

Die 28-jarige Martin en die 41-jarige Elliot Mhlambi word beskuldig van die moord op Brits en sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, asook die byl-aanval op Dorothea in hul pastorie verlede Donderdag.

Martin het aan die hof gesê hy wil nie om borgtog aansoek doen nie. Vermeulen het die afgelope paar maande saam met sy verloofde, Thea en haar ouers in die pastorie gewoon.

Sy was tuis ten tyde van die voorval, maar is ongedeerd.




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.