On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Waarskuwing uitgereik vir wegholbrande in Sentraal Suid-Afrika

───   08:51 Mon, 14 Jan 2013

Waarskuwing uitgereik vir wegholbrande in Sentraal Suid-Afrika | News Article
Lani Fouché -

Bloemfontein - Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir wegholbrande in Sentraal-Suid-Afrika.

Die Bloemfonteinse weerkantoor sê toestande wat gunstig is vir die ontstaan van brande word ervaar in Noordwes, noord-westlike dele van die Vrystaat en noord-oostelike dele van die Noord-Kaap.

Dié gebiede ervaar tans warm, droë en winderige toestande.

Die binneland, wat die afgelope paar dae onder intense hitte deurgeloop het, sal later dié week lafenis ervaar.

Bewolkte- en reënweer word vanaf Donderdag in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes verwag.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.