On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Griekwastad-moordverhoor begin Maandag

───   14:40 Wed, 06 Mar 2013

Griekwastad-moordverhoor begin Maandag | News Article
Mariné Jacobs

Kimberley - Noord-Kaapse Regter-president Frans Kgomo gaan die verhoor bereg van die minderjarige seun wat aangekla is van die trippelmoord van Griekwastad se Steenkamp-gesin.
 
Die verhoor begin Maandag in die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Kimberley.

Die seun is in September verlede jaar op borgtog van R5000 vrygelaat. Die staat het direk na die borgtoguitspraak geappèlleer, maar die appèl het misluk.

Die 16-jarige seun word daarvan verdink dat hy Deon, Christel en Marthella Steenkamp op Goeie Vrydag verlede jaar op hul plaas Naauwhoek vermoor het.

Daar was onlangs ‘n skokwending in die opspraakwekkende saak. Die staat gaan aanvoer dat die minderjarige Marthella minder as 24 uur voor haar dood verkrag het. Hy sal dus teregstaan op drie aanklagte - dié van moord, verkragting en regsverydeling.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.