Martin van der Merwe
Siesta with Martin van der Merwe
Local News
Share your news:
Phone Number
082 370 1268

Local News

Onderhandelings duur voort om Korkie-egpaar te bevry

Onderhandelings duur voort om Korkie-egpaar te bevry
Pierre Korkie
Photo: Maroela Media
Onderhandelings duur steeds voort om die Suid-Afrikaanse egpaar wat in Jemen ontvoer is, vrygelaat te kry.

Die SAUK berig Internasionale Betrekkinge woordvoerder Nelson Kgwete sê die departement is vol vertroue dat wetstoepassingsowerhede in Jemen binnekort die kwessie sal oplos.

Pierre en Yolande Korkie van Bloemfontein is verlede week in die stad Taiz ontvoer. Hulle is vermoedelik betrek by 'n hotel-ontwikkelingsprojek wat skeefgeloop het.

Vyf mense is reeds in verband met die ontvoering in hegtenis geneem.

SAUK