On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Staat vra dat GW-stad-moordverdagte op al 3 aanklagte skudig bevind word

───   LANI FOUCHÉ 15:19 Mon, 09 Dec 2013

Staat vra dat GW-stad-moordverdagte op al 3 aanklagte skudig bevind word | News Article
Lani Fouché
 
Kimberley - Die staat het ter opsomming van sy slotbetoë in die Griekwastad-moordverhoor vandag gevra dat die minderjarige seun skuldig bevind word aan drie aanklagte van moord, een van verkragting en een van poging tot regsverydeling.
 
Die 17-jarige word daarvan verdink dat hy vir Marthella Steenkamp verkrag het, en daarna vir haar, haar pa Deon en ma Christel vermoor het om dié seksuele misdryf te verbloem.
 
Hy het volgens staatsaanklaer Hannes Cloete ook die polisie in hul ondersoeke op ‘n dwaalspoor geplaas.
 
Cloete het betoog dat die seun die moorde beplan en met voorbedagte rade gepleeg het, omdat Marthella gedreig het dat sy haar ouers sou vertel dat hy haar verkrag het.


Podcasts

OFM se Lani Fouché berig uit Kimberley:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.