On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Griekwastad-moordbeskuldigde verskyn weer

───   LANI FOUCHÉ 07:06 Thu, 12 Dec 2013

Griekwastad-moordbeskuldigde verskyn weer | News Article
Lani Fouché
Kimberley - Die minderjarige seun wat verdink word van die Griekwastad-driedubbelle moord sal vandag weer in die hooggeregshof in Kimberley verskyn.
 
Regterpresident Frans Kgomo het Maandag aangedui dat hy vandag uitspraak sou lewer, maar die seun het gister sy regspan se mandaat beëindig.
 
Dit is onbekend of dié verwikkeling die beplande uitspraak sal affekteer.
 
Pieter Nel van Regshulp in die Vrystaat, glo egter dit is onwaarskynlik omrede die saak reeds in 'n gevorderde stadium is.

Die beskuldigde se prokureur, Stoffel de Jager sal vandag vir oulaas saam met die seun in die hof verskyn om die saak aan die nuwe regspan te oorhandig.
 
Riaan Bode van Engelsman Magabane Prokureurs sal die seun voortaan verteenwoordig.
 
Hy word verdink van die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op hul plaas Naauwhoek in April verlede jaar.




Podcasts

Pieter Nel:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.