On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Griekwastad-moordverhoor: Verdediging vra vir uitstel

───   LANI FOUCHÉ 11:13 Thu, 12 Dec 2013

Griekwastad-moordverhoor: Verdediging vra vir uitstel | News Article
Lani Fouché
Kimberley - Die Griekwastad-moordbeskuldigde se nuwe prokureur het 'n aansoek om uitstel gedoen in die Hooggeregshof in Kimberley vanoggend.
 
Riaan Bode het aan regterpresident Frans Kgomo gesê dat daar 'n erge vertrouensbreek tussen die minderjarige en sy voormalige regspan ontstaan het wat daartoe gelei het dat die seun hulle gister afgedank het.
 
Stoffel de Jager, Willem Coetzee en Sharon Erasmus het 'n rukkie gelede formeel van die saak onttrek.
 
Kgomo het gesê dit is onanvaarbaar dat die verdediging so laat in die saak vir uitstel vra.
 
Hy het Maandag aangedui dat hy gereed was om vandag sy uitspraak te lewer.
 
Die seun staan tereg op die moord op Deon, Christel en Marhtella Steenkamp op hul plaas Naauwhoek verlede jaar.
 
Die verhoor duur voort. Volg @OFM497 vir regstreekse twiets vanuit die hof.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.