On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

GW-stad-moordverhoor: Steenkamp-familielid gefrustreerd

───   LANI FOUCHÉ 15:26 Thu, 12 Dec 2013

GW-stad-moordverhoor: Steenkamp-familielid gefrustreerd | News Article
Lani Fouché
 
Kimberley - Sommige familielede van die vermoorde Steenkamp-gesin van Griekwastad sê hulle is gefrustreerd met vandag se uitstel van die moordverhoor wat ter elfder ure toegestaan is.
 
Uitspraak sou vandag gelewer word in die saak van die 17-jarige seun wat verdink word van die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op hul plaas Naauwhoek in April verlede jaar.
 
Die seun het egter eergister in ‘n onverwagse wending sy regspan in die pad gesteek en ‘n nuwe prokureur, Riaan Bode, aangestel. 'n Familielid van wyle Deon, wat anoniem wil bly, het met OFM-nuus gepraat.

Die verdediging het gevra vir ‘n uitstel omdat daar ongelukkigheid tussen die seun, sy voog en hul regspan onstaan het, en hulle nou kans gegun wil word om nuwe moontlikhede te ondersoek.
 
Die staat se Adv Hannes Cloete het in sy opponering van die aansoek geargumenteer dat dit die oudste truuk in die boek is om die saak uit te rek en die hof te manupileer. Regter Frans Kgomo het die uitstel teësinnig toegestaan.

 
 

Podcasts

'n Familielid van wyle Deon Steenkamp:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.