On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

NW-onderwys ondersoek oorsaak van diarree-uitbraak op matriekkamp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:46 Tue, 08 Jul 2014

NW-onderwys ondersoek oorsaak van diarree-uitbraak op matriekkamp | News Article
Christal-Lize Muller
Brits - Die Noordwes-onderwysdepartement ondersoek tans die oorsaak van 'n uitbraak van diarree by 'n studiekamp vir matriekleerlinge by Arendsnes naby Brits.
 
Onderwyswoordvoerder, Brian Setswammbung, sê die kamp wat deur meer as 390 leerlinge van oor die provinsie heen bygewoon is, is Vrydag onmiddellik gesluit omdat dit 'n gesondheidsgevaar ingehou het.
 
Setswammbung sê die kos wat bedien is was onhigiënies.

Setswammbung sê 15 leerlinge is Vrydag in die hospitaal opgeneem maar is intussen ontslaan.
 
Die kamp het meer as 'n week gelede begin en sou tot môre duur.


Podcasts

Brian Setswammbung :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.