On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Video: VS-polisielid deurloop afwentelingsprogram na aanranding op broers

───   17:20 Mon, 14 Jul 2014

Video: VS-polisielid deurloop afwentelingsprogram na aanranding op broers | News Article
Duane Petrus
 
Bloemfontein - ‘n Vrystaatse polisiebeampte is beveel om ‘n afwentelingsprogram te deurloop nadat hy skuld beken het op 'n aanklag van aanranding van twee broers. Kringtelevisiekameras wys hoe Christoffel Neuhoff vir Neil en Eben Sonnekus in ‘n vulstasiewinkel in Bloemfontein in Mei verlede jaar aanrand.
 
Die Bloemfonteinse landdroshof het Neuhoff op 30 Junie vanjaar beveel om Nicro se woede-afleidingsprogram te deurloop. Neil sê, na die voorval het hy ‘n persoonlikheidsverandering ondergaan en het hy sy reuk- en smaaksintuig permanent verloor.
 
Hy was vir ‘n week lank in die Pelonomi-hospitaal na die aanval. Hy sê hy het elke hofverskyning van Neuhoff bygewoon.

Die broers het intussen ‘n siviele eis teen Neuhoff aanhangig gemaak.


Podcasts

Neil Sonnekus:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.