On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vierfontein-familie ontvang goeie nuus

───   14:56 Thu, 24 Jul 2014

Vierfontein-familie ontvang goeie nuus | News Article
Dirk Kok
 
Klerksdorp - Die 81-jarige Vierfontein-boer Buks Swanepoel, wat Maandag erge skedelbreuk in ’n plaasaanval opgedoen het, se familie het goeie nuus ontvang.
 
Sy kleindogter, Alta Matthee, sê die bloeding op haar oupa se brein het gestop. Hy hoef nie meer geopereer te word nie. Matthee, ’n teatersuster van Pretoria, sê die familie is dankbaar dat hy nie op sy ouderdom deur die trauma van ’n operasie hoef te gaan nie. Sy toestand is steeds kritiek, maar stabiel.
 
Matthee sê dit gaan al bietjie beter met haar ouma, die 80-jarige Baby, wat ook in die plaasaanval kopbeserings opgedoen het.
 
Die Swanepoel-egpaar word in die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp behandel.
 
Een van hul vermeende aanvallers, die 23-jarige Tankiso Beleme, van Lesotho word aangehou en moet weer volgende week in die hof verskyn.
 
’n Tweede verdagte is steeds op vrye voet.



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.