On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Dihlabeng hoop om kragprobleme voor 4 Aug op te los

───   REFILWE GAESWE 16:32 Sat, 26 Jul 2014

Dihlabeng hoop om kragprobleme voor 4 Aug op te los | News Article
Refilwe Mekoa Bethlehem - Die Dihlabeng-munisipaliteit hoop dat Bethlehem se elektrisiteitsprobleme teen die vierde van aanstaande maand opgelos sal wees.
 
Eskom het vroeër gedreig om die kragtoevoer volgende week af te skakel omdat hulle nou al te lank wag op betaling van drie Vrystaatse munisipaliteite, insluitend Dihlabeng.
 
Volgens die hoof van samewerkende regering, Victor Duma, is een van die redes waarom die munisipaliteit nie sy skuld kan delg nie, die hoë rente wat Eskom op agterstallige rekeninge verhaal.
 
Hy sê die departement werk aan 'n plan om beter befondsingsplanne vir munispaliteite daar te stel.

Maluti-a-Phofung skuld R228-miljoen, Ngwathe R216-miljoen en Dihlabeng R58-miljoen.

Podcasts

Die hoof van samewerkende regering, Victor Duma:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.