On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bouwerk by Heide Preprimêr gestaak na ongelukkigheid

───   17:38 Mon, 28 Jul 2014

Bouwerk by Heide Preprimêr gestaak na ongelukkigheid | News Article
Duane Petrus
Bloemfontein - Die bouwerk by die Heide Preprimêre skool in Bloemfontein is vandag gestaak weens beweerde onreëlmatighede met die aanstelling van plaaslike werkers en subkontrakteurs.
 
Talle inwoners en gemeenskapsleiers het vanoggend by die skool betoog omdat slegs boumaatskappye van Limpopo by die projek betrokke is. Matakanye Konstruksie het die R56 miljoen tender gewen om die hele skool, wat voorheen asbesklaskamers gehad het, teen November oor te bou.
 
Raadslid, Vernon Ward, sê daar is talle ambagsmanne in die gemeenskap wat in staat is om kwaliteit werk te lewer, maar hulle is nooit die kans gegee nie. Ward sê daar is besluit om die konstruksie te staak tydens ‘n vergadering tussen die gemeenskapsleiers en die kontrakteur.
Nog ‘n vergadering sal môreoggend plaasvind om die saak verder te bespreek.

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.