On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vermeende kaartkloner in beskuldigdebank

───   18:35 Wed, 30 Jul 2014

Vermeende kaartkloner in beskuldigdebank | News Article
Dirk Kok
 
Welkom - ’n 38-jarige man van Welkom, John Makwayi, se verhoor het in die streekhof in dié stad begin nadat hy na bewering in Januarie by ’n kitsbank betrap is met 31 gekloonde bankkaarte van kliënte van verskillende banke oor die land heen.
 
Makwayi het skuld ontken op aanklagte van bedrog en van oortredings van die wet op elektroniese kommunikasie en transaksies.
 
Die Valke het Makwayi op 26 Januarie by die Ubank by die Phakisa Hostel in hegtenis geneem. Gekloonde bankkaarte van mense van die Vrystaat en ander provinsies is na bewering in sy besit gekry.
 
Sy verhoor is tot 29 September uitgestel.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.