On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Vermeende Vierfontein-plaasaanvallers bly agter tralies

───   DANE BEISHEIM 18:37 Wed, 30 Jul 2014

Vermeende Vierfontein-plaasaanvallers bly agter tralies | News Article
Dane Beisheim
 
Vierfontein- Die vermeende plaasaanvallers Tankiso Beleme en Thuli Thabatha sal op 19 Augustus in die Vierfontein periodieke-hof verskyn. Dit nadat landdros Attie Barnard die verhoor vandag in Viljoenskroon uitgestel het vir verdere ondersoek.
 
Beleme is verlede Maandag, kort ná die aanval op die 81-jarige Buks en 80-jarige Baby Swanepoel, deur die polisie en boere vasgetrek. Thabatha is drie dae later deur die polisie in Kanana, Orkney, in hegtenis geneem.
 
Albei staan tereg op poging tot moord en gewapende roof. Beleme is ook van die onwettige besit van ’n vuurwapen aangekla.
 
Die Swanepoel-egpaar, wat albei kopbeserings opgedoen het, sterk in die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp aan.
 
Intussen het die twee mans nog nie om borgtog aansoek gedoen nie en bly in aanhouding.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.