On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Kuruman: NK-onderwys se hande afgekap

───   SABRINA DEAN 14:37 Thu, 31 Jul 2014

Kuruman: NK-onderwys se hande afgekap | News Article
Sabrina Dean
 
Kuruman - Die Noord-Kaapse onderwysdepartement sê dit voel of sy hande heeltemal afgekap is rakende Kuruman-skole wat al weke lank gesluit is.
 
Woordvoerder Sidney Stander sê betogings oor onder meer ongelukkigheid met 'n pad wat die gemeenskap geteer wil hê het daartoe gelei dat 55 skole se deure toe bly.
 
Stander sê vier skoolgeboue is die afgelope paar maande aan die brand gesteek. Die jongste voorval was die afgelope week by Laerskool Keaglolelwa in Coleston.
 
Hy sê die nasionale departement moet nou die kwessie na die kabinet neem.


Podcasts

Sidney Stander:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.