On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Drie VS-leerkragte geskors weens beweerde rassistiese gedrag

───   OWEN KOCK 14:50 Fri, 01 Aug 2014

Drie VS-leerkragte geskors weens beweerde rassistiese gedrag | News Article
Owen Kock
 
Bloemfontein - Twee Vrystaatse skoolhoofde en 'n onderwyser is geskors na bewerings van rassistiese gedrag.
 
Provinsiale onderwyswoordvoerder, Howard Ndaba, sê die skoolhoof van Dr. Viljoen-gekombineerde skool, Francois Schoon, die skoolhoof van Christiaan de Wet Gekombineerde-skool op Dewetsdorp, Charles Liversage en 'n lewensoriënteringsonderwyser aan die Laerskool St Helena in Welkom, Trudy Erasmus het vandag hul skorsingsbriewe ontvang waarvolgens hulle steeds geregtig is op hul volle salaris.
 
Ndaba sê interne ondersoeke sal Maandag begin en behoort binne 30 dae afgehandel te wees.
 
Ndaba sê die departement sal als in sy vemoë doen om rassisme in skole uit te roei.

Verlede week het die SA Menseregtekommissie Schoon en sy personeel skuldig bevind aan haatspraak. Ndaba het toe gesê hulle sal na die aanbevelings van die kommissie kyk om die pad vorentoe te bepaal.
 
Twee maande gelede het Liversage self daarop aangedring dat beweringe van aanranding teen hom deur die Vrystaatse onderwysdepartement en die polisie ondersoek word.  
Dit het gekom nadat OFM-nuus berig het dat beweringe van aanranding teen hom ondersoek word. Hy het glo ‘n Graad 2-leerling van dié skool in skooltyd op sy rug en borskas geslaan.

Die leerling het volgehou dat Liversage hom verbaal beledig en ‘n rassistiese toon aangeneem in.
 
Ndaba het toe gesê Liversage is nie deur die departement geskors nie, omdat hy sy volle samewerking met die ondersoek gee.

Podcasts

Howard Ndaba:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.