On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Naptosa baie bekommerd oor beweerde rassistiese voorvalle

───   OWEN KOCK 16:41 Fri, 01 Aug 2014

Naptosa baie bekommerd oor beweerde rassistiese voorvalle | News Article
Owen Kock
 
Bloemfontein - Onderwysvakbond Naptosa het sy kommer uitgespreek nadat twee skoolhoofde en ‘n onderwyser weens beweerde rassisme geskors is.
 
Dit volg na die skoolhoof van Dr. Viljoen-gekombineerde skool in Bloemfontein, Francois Schoon, die skoolhoof van Christiaan de Wet-gekombineerde skool op Dewetsdorp, Charles Liversage en 'n lewensoriënteringsonderwyser aan die Laerskool St Helena in Welkom, Trudy Erasmus, vandag deur die Vrystaatse onderwysdepartement geskors is weens beweerde rassistiese gedrag.
 
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het verlede week, na ‘n uitgebreide ondersoek, aanbeveel dat daar stelsels in plek gestel moet word om rassisme by Dr. Viljoen teen te werk.
 
Naptosa se Louwrens Strydom sê die aanbevelings van die kommissie moes reeds 20 jaar gelede in plek gewees het.



Podcasts

Louwrens Strydom:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.