On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Man vas in NW oor springstof

───   08:18 Sat, 02 Aug 2014

Man vas in NW oor springstof | News Article
Rustenburg - 'n Man van Mosambiek is in Boitekong naby Rustenburg in Noordwes met springstof betrap, het die polisie in Noordwes Vrydag gesê.

“Lede van die Phokeng-honde-eenheid en Rustenburg se bomeenheid het 'n wenk ontvang oor 'n sekere huis in Boitekong waar springstof versteek word,” het Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, in 'n verklaring gesê.

'n 28-jarige man is by die huis in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van springstof. Mokgwabone sê sy inhegtenisneming sal die polisie help om sindikate, wat betrokke is in ondergrondse koperkabeldiefstal by myne, oop te vlek.

Die man sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Rustenburg verskyn.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.