On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Griekwastad-vonnis: Regstreekse blog

───   08:48 Wed, 13 Aug 2014

Griekwastad-vonnis: Regstreekse blog | News Article

Die minderjarige seun wat skuldig bevind is aan die drie-dubbele Griekwastad moord, is netjies aangetrek en kyk meeste van die tyd af terwyl Regter Frans Kgomo sy vonnis uitlees in die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Kimberley. **Gebruik die F5-sleutel op jou rekenaar om die blog te verfris.

Vonnis: 20 jaar vir elke moord en 4jr. vir regsverydeling. En 12jr vir verkragting - samelopend uitgedien.

 

 

 
12:04 - Regter meen seun moet dink oor sy toekoms terwyl hy in sel toegesluit is.
 
12:02 - Regter aan seun: Oor twee dae is jy 'n man. Jy moet nou jou eie sak sout opeet.
 
12:00 - Seun se ouderdom maak meer gereed vir terapie. Het die nodige ondersteuning. 
 
11:58 - Kgomo: Misdade in ooreenstemming met tekens van psigopatiese eienskappe wat later kan ontwikkel. Psigopatie wel nie gediagnoseer nie. 
 
11:54 - Kgomo praat nou oor die risikos en rehabilitasie faktore; sê voortgesette ontkenning kan impak hê op die vooruitsigte vir die rehabilitasie
 
11:49 - Regter: Seun moet intensiewe terapie ondergaan om kwessies rakende woede en verhoudings aan te pak. 
 
11:47 - Regter: The boy had an upbringing most South Africans can only dream of.
 
11:41 - Regter haal aan uit Bettie Steenkamp se getuienis in die voorvonnisverhoor: "Ons almal is diep verskeur..."
Kgomo: Bettie Steenkamp wat haar seun en sy gesin verloor het, pleit vir genade vir seun 
 
11:37 - Kgomo: Seun is deur goeie regsmense bygestaan en die polisie was simpatiek.
Regter: Seun se dade het so baie "verwoesting" veroorsaak - woede, rou en werkloosheid.
Kgomo: Seun is arrogant en uitdagend. Mense buig agteroor.
Kgomo: Skoolmaats van Marthella gebroke. Brief in Volksblad roerend gelees in hof.
 
11:32 - Regter verwys nou na seun wat toegelaat is om te jag terwyl hy op die Griekwastad-moorde tereggestaan het.
 
11:30 - Kgomo: Seun se voogde was oorbeskermend. 
 
11:25 - Kgomo: Joubert, ook van nicro, het beter gevaar as Van Kraayenburg. Uitspraak gebruik.
 
11:24 Staat: Seun is nie die slagoffer nie.
 
11:20 - Kgomo: Hoe kan Van Kraayenburg uitspraak ignoreer? Dit was 'n mors van tyd en hulpbronne. Ssy het gevolgtrekkings dat seun deursettingsvermoë het.
 
11:18 - Kgomo: Die hof sal beslis of hy leuenagtig is. Familie-lede het leuens verklap, gewonder.
 
11:14 - Kgomo : staat sê seun het vermoë om mense te mislei, manipuleer.
 
11:12 - Kgomo sê Nicro se Marita van Kraayenburg het gestruikel en was onsuksesvol onder kruisondervraging. Probeer te hard om die kind vry te spreek.
 
11:09 - Kgomo: Van Kraayenburg van Nicro het onder kruisverhoor gefaal en gestotter. Seun beskerm.
 
11:04 - Dr Sonnekus suggested the #Griekwastad accused was intimidated by the police uniforms worn by a major and captain who interviewed him 
 
11:02 - Kgomo: Sonnekus is gevra wat sy mandaat was. Het iemand beperkings op hom geplaas? Nee .
Doel van n deskundige is om hof te help 
 
10:57 -  Kgomo : Die seun het by onderhoud gesê hy is ook 'n mens.  Toe stop onderhoud (menseregte).
 
10:55 - Kgomo: Sonnekus gee toe dat beskuldigde nie die waarheid gepraat het nie. 
 
10:51 - Kgomo: Tydens onderhoud het regspraktisyn gesê die vraag is eerder oor seun se emosies, nie feite .
 
10:48 - Kgomo herinner hof van sy kommer dat die getuienis deur Sonnekus baie akademiese was en min te doen het met die werklikhede van die saak.
 
10:45 - Hof vra dr. Sonnekus of seun gesê het hy wil praat. Sonnekus kan nie onthou. Dr het seun nie gevra - hy het nie waarheid verwag nie.
 
10:39 - Kgomo: staat sê seun wou ook erf. Dr. Sonnekus het nie seun hieroor uitgevra nie.
Sonnekus het eerder oor emosies gepraat, hof kan nie verstaan hoekom hy nie seun uitgevra het nie.
 
10:37 - Sonnekus het erken dat die tiener nie die waarheid praat nie. 
 
10:34 - Kgomo: Dr Sonnekus het verskeie onderhoude met mense, families gevoer. Ook psigiater. Kon ook nie verduidelik hoekom polisie se onderhoud met seun gestaak is nie 
 
10:30 - Kgomo lees van voog-ma se getuienis waar sy sê sy kan nie glo dat die seun die misdade kon pleeg nie.
 
10:30 - Kgomo: Sielkundige het ook genoem dat seun nie praat, omdat hy opdrag gekry het om stil te bly.
 
10:25 - Kgomo: Die seun toon geen berou nie, hou steeds vol hy's onskuldig. Seun het ander mense beskuldig. 
 
10:22 - Voog het uitspraak gelees maar glo steeds in onskuld. Seun mag met niemand praat
 
10:21 - Kgomo: Die beskuldigde het 'n vaste besluit geneem toe hy .22 gaan haal het om 'klaar te maak'
 
10:20 -  Kgomo: Die misdaad was nie verbrou nie. Almal is dood
 
10:15 - Kgomo lewer 'n omvattende vonnis; verwys na die getuienis, voorvonnisverslag en regspraak.
 
10:11 - Kgomo het verwag dat die tiener meer oortuigende emosie en angs in die hof sou toon.
 
10:10 - A marksman of his calibre wouldve been able to kill the #Griekwastad family with a single shot Kgomo says. 
 
10:07 - Kgomo bespreek nou die getuienis van forensiese psigiater. 
 
10:05 -  Kgomo: Al die oorledenes is tereggestel.
 
10:04 - Kgomo quotes: “The ordinary man does not perpetuate an offence without motive”. 
 
10:02 - Kgomo: Jong mense besit nie volwassenheid van grootmense nie, kan nie altyd gevolge van dade besef nie.
 
09:57 - Kgomo: Wat uiters belangrik is, is die manier waarop die misdade gepleeg is - dit dui op beplanning.
 
09:56 - Kgomo: Die seun was nie in verbinding met iemand anders voor die moorde nie.  
 
09:54 - Die motief vir die moorde was om die verkragting weg te steek, meen Kgomo. Niemand kon seun beinvloed om marthella se verkrag, martel en te vermoor. Wat sou dit persoon baat, vra Kgomo.
 
09:52 - Kgomo verwys na sy uitspraak waar hy gepraat het oor Marthella wat terug baklei het. Die aanvaller wou omgang met Marthella gehad het. Sy het haarself verdedig, sê Kgomo.
 
09:50 - Kgomo haal hofsake aan oor die belangrikheid om na al die feite te kyk wanneer gevonnis moet word.
Kgomo: Ek is tevrede dat die seun nie onder die invloed van ander persone opgetree het nie. 
 
09:49 - Die minderjarige seun vier oor twee dae (Vrydag) sy 18de verjaardag. 
 
09:45 - Regter Frans Kgomo begin sy vonnis. Haal eers ander hofsake aan. 
 
09:41 - Regter Frans Kgomo is in die hof. Die verrigtinge gaan nou begin.
 
09:32 - The 17 year old accused sharing a lighter moment with his supporters before Judge President delivers sentencing for #Griekwastad murders.
 
09:26 - Seun is in die hof. Gee familie en voogde drukkies. Foto: Charné Kemp
 
 
09:15 - Die grootkoppe in polisie is ook hier van Pretoria.
 
08:45 - Regterpresident Frans Kgomo behoort teen 09:30 die hofverrigtinge te begin.
 
08:42 - The boy was found guilty on 5 chargers: Murder (3), rape and defeating the ends of judgement.
 
Bronne: Twitter - Charné Kemp, Vicus Burger, Sabrina Dean, Sandi Hoo, Earl Coetzee. 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.