On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Pierre Korkie: Briewe aan Al-Kaïda-leiers gerig

───   SABRINA DEAN 09:17 Wed, 20 Aug 2014

Pierre Korkie: Briewe aan Al-Kaïda-leiers gerig | News Article

Kaapstad - Die hulpverleningsorganisasie Gift of the Givers sê handgeskrewe briewe van verskeie van Suid Afrika se Moslem geestelike leiers word aan Al-Kaïda-leiers in Jemen gerig in 'n nuwe poging om die oud-Bloemfonteinse onderwyser Pierre Korkie se vrylating te bewerkstellig.

Gift of the Givers se Imtiaz Sooliman sê Jemeense-stamleiers, wat gestuur is om Al-Kaïda-leiers op te spoor,
is die versekering gegee dat Korkie nog lewe.
 
Hy sê hulle het egter geen bewyse hiervan nie.
 
Sooliman sê baie van die vorige Al-Kaïda-leiers is uitgewis in die voortdurende konflik in die gebied en daar is nou nuwe prosesse wat gevolg moet word.
 
Sooliman sê hulle is positief na die jongste verwikkelinge en hoop om of 'n verlaagde losprys, of Pierre se onvoorwaardelike vrylating to onderhandel.
 
Korkie en sy vrou Yolande is in Mei verlede jaar in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is vroer vanjaar sonder 'n losprys vrygelaat maar die ontvoerders eis meer as R30-miljoen vir Pierre se vrylating.

Sabrina Dean/OFM-nuus

Podcasts

Imtiaz Sooliman :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.