On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vodacom belê groot in die Vrystaat en Noord-Kaap

───   OWEN KOCK 14:41 Wed, 20 Aug 2014

Vodacom belê groot in die Vrystaat en Noord-Kaap | News Article

Bloemfontein - Vodacom het vanoggend tydens 'n media-ontbyt in Bloemfontein gesê dat hul beleggingsprogram vir die Vrystaat en Noord-Kaap meer as R600 miljoen beloop.

Die streekhoof, Jorge Mendes, sê dele van dié program is reeds goed op dreef. Hul huidige belegging is ten minste 12 keer meer as wat dit twee jaar gelede was.

Die grootste deel van die geld word aangewend vir die bou van selfoontorings in die uitgestrekte Noord-Kaap.
 
Mendes het ook gesê hulle verloor maandeliks meer as R1 miljoen weens diefstal en skade.
 
Owen Kock/OFM-nuus

Podcasts

Jorge Mendes:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.