On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

DA gaan nie rus voor VS-gesondheidskrisis opgelos is

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:24 Thu, 21 Aug 2014

DA gaan nie rus voor VS-gesondheidskrisis opgelos is | News Article

Bloemfontein - Die DA in die Vrystaat gaan nie moed opgee tot daar ‘n daadwerklike ingryping deur die nasionale gesondheidsdepartement is om swak gesondheidsorg in die provinsie reg te stel nie.

 Volgens die Vrystaatse wetgewerlid, Mariette Pittaway, is dit goeie nuus dat die Universiteit van die Vrystaat (UV) ingegryp het om probleme rondom die Universitas-hospitaal in Bloemfontein se uitvoerende hoof, Sehularo Gaelesjwe, se bestuurstyl en die agteruitgang van dié hospitaal se kardiologie-afdeling op te los.
 
Dit kom nadat verskeie gefrustreerde sleutelspelers in die afdeling bedank het en private spesialiste hul dienste onttrek het.
 
Volgens Pittaway is dié krisis egter ‘n druppel in die emmer.

Pittaway sê die enigste oplossing vir die plaaslike gesondheidsorgkrisis is om die departement onder administrasie te plaas.
 
Die DA gaan ook voort om meer konkrete bewyse in te samel en aan die Menseregtekommissie (MRK) voor te lê nadat ‘n klag vroeër by die MRK teen LUR Benny Malakoane ingedien is.
 
Intussen doen gerugte die ronde dat Gaelesjwe verlof geneem het om glo sy dreigende skorsing te ontduik.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Mariette Pittaway:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.