On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Polisie soek inligting oor verkoolde lyk in Welkom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:07 Thu, 21 Aug 2014

Polisie soek inligting oor verkoolde lyk in Welkom | News Article

Welkom - Die polisie in Welkom is opsoek na inligting wat moontlik kan help met ‘n moordondersoek nadat die verkoolde lyk van ‘n plaaslike 51-jarige man in die kattebak van sy uitgebrande motor gevind is.

Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Stephen Thakeng, sê Mafu Mokokoane se lyk is vanoggend in die kattebak van sy wit Cherry-motor in die buitewyke van Riebeeckstad gevind.

Thakeng sê volgens die polisie se inligting het die oorledene, werklose man, vroeër ‘n telefoonoproep van ‘n onbekende man ontvang wat Mokokoane gister omstreeks 19:00 wou ontmoet.
Thakeng sê enigiemand met inligting kan die polisie in Welkom bel.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Stephen Thakeng:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.