On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Talle skole sluit, meeste van dié in Vrystaat

───   06:18 Fri, 22 Aug 2014

Talle skole sluit, meeste van dié in Vrystaat | News Article

Johannesburg - Die aantal skole in Suid-Afrika het met 2 534 afgeneem tussen 2000 en 2012, aldus 'n verslag wat die Menseregtekommissie (MRK) Donderdag uitgereik het.

Volgens die verslag, waarin uitgawes en aflewering van skoolinfrastruktuur ondersoek is, is daar slegs 24 255 gewone publieke skole in 2012 oor van die oorspronklike 26 789 skole.

“In die Vrystaat het 47% van die skole, altesaam 1 187, hul deure gesluit,” het Conrad Barberton, gesê. Hy het die verslag saam met Carmen Abdoll van Cornerstone Ekonomiese Navorsing namens die MRK opgestel. In Noordwes het 31% van die skole gesluit, 12% in Mpumalanga en 10% in die Oos-Kaap.

“As mens na die opleidingsbegroting van die Vrystaat kyk, sluit dit nou ook 'n baie groot toelaag vir vervoer van skoliere in,” het Barberton bygevoeg.

Kleiner skole en groter skole smelt saam en dit beïnvloed ook die gehalte onderwys en toegang tot onderwys.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.