On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Landzicht se Wit Muskadel stap met goud weg

───   14:21 Fri, 22 Aug 2014

Landzicht se Wit Muskadel stap met goud weg | News Article

Douglas - Die landboumaatskappy GWK op Douglas se wynmaker, Ian Sieg, ontvang vanaand op die SA Jongwynskou se prysuitdeling in Kaapstad ’n goue medalje vir die GWK-wynkelder se Landzicht Wit Muskadel.

Saam met hierdie eerste prys gaan hy ook huis toe kom met twee silwer medaljes en 16 bronsmedaljes vir ander Landzicht-wyne.
 
Dié maatskappy se hoofbestuurder vir spesialisprodukte, Llwellyn Brooks, sê dit is vir hulle wonderlik om met ’n goue medalje te kan wegstap op die land se oudste en grootste wynskou wat al langer as 180 jaar deur wynmakers gebruik word as ’n maatstaf vir die gehalte van hul wyne.

Landzicht se Cape Ruby 2011 is onlangs deur die Kaapse vereniging vir portprodusente as die land se naasbeste ruby port aangewys.
 
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Llwellyn Brooks:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.