On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Jan Dagga: So onthou Bloemfonteiners hom

───   KARIEN JORDAAN 20:30 Fri, 22 Aug 2014

Jan Dagga: So onthou Bloemfonteiners hom | News Article
So onthou Bloemfonteiners vir Jan Dagga:
 
 
Jeanette Rossouw: “Jan het elke maand getrou met sy fiets na my ma-hulle se begrafnisonderneming gery, en sy begrafnispolis kom betaal. Hy was so pligsgetrou daarmee. Hy was altyd vriendelik en vol grappies wanneer hy sy geldjie gebring het. Ek onthou hoe hy altyd in sirkels om en om gery het terwyl hy met homself praat. Jan woon iewers in Hospitaalpark agter in mense se erf, maar ek weet nie presies waar nie.”

Trichka de Winnaar: “ Vandat ek op skool was, so 13 jaar of wat gelede, het ek hom altyd daar in Oranjesig sien rondry, met sy ANC T-shirt aan. Ek’s hartseer. Jan was ‘n legend.”
 

Tanya Cogle: “Ek onthou hoe Jan graag by verkeersligte om en om met sy fiets gery het. Ek het hom dikwels daar by die Sand du Plessis-hoërskool gesien – soggens en ook in die middae. Hy het graag met homself gepraat. Die hele Bloemfontein het hom geken.”
 
Johan Lodewyk: “ Ek het Jan altyd by die Parkwegpolisiestasie gesien. Hy was altyd vriendelik. Ek onthou hom in sy wit doktersjas en onlangs ook met sy Julius Malema T-shirt aan. Sy geel fiets met die flitsende tru-spieëltjies en die 'Jan Dagga'-nommerplaat sal ek nooit vergeet nie. Ek is baie hartseer.”
 
Karien Jordaan/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.