On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Als steeds nie pluis by hospitaal in Bloemfontein

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:19 Wed, 27 Aug 2014

Als steeds nie pluis by hospitaal in Bloemfontein | News Article

Bloemfontein - Die LUR van gesondheid in die Vrystaat, Benny Malakoane, volg ‘n kortsigtige benadering as hy glo die Universitas-hospitaal in Bloemfontein se kardiologie-departement kan weer op vol sterkte funksioneer met die aanstelling van ‘n nuwe hoof.

Dit is die mening van die provinsiale bestuurder van die Vereniging van Staatsamptenare (VSA), Gerhard Koorts, nadat Malakoane gister in die wetgewer gesê het een van die land se voorste kardioloë, Makoali Makotoko, is aangestel en die prentjie lyk weer rooskleurig.
Koorts sê volgens sy inligting sal Makotoko aanvanklik slegs een keer per week beskikbaar wees.
 
Dit gaan veroorsaak dat die twee interniste wat nou spesialiseer in kardiologie, Wilhelm Herbst en Kgomotso Moroka, slegs vier dae per maand operasies mag uitvoer, omdat hulle nie sonder Makotoko se toesig mag opereer nie.

Intussen verneem OFM-nuus dat Herbst na bewering sy bedanking ingedien het. Hy wou nie by navraag kommentaar lewer nie.
 
OFM-nuus het ook uit verskeie oorde verneem dat Herbst se beweerde bedanking deel is van twee ander bedankings wat vandeesweek by die hospitaal ingedien is.
 
Makotoko se aanstelling kom nadat Hennie Theron vroeër vanjaar uit die pos bedank het. Dit het gekom nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy ‘n kombers na ‘n sekuriteitswag gegooi het.
 

Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Gerhard Koorts:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.