On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Talle spesialiste bedank glo by Universitas-hospitaal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:13 Wed, 27 Aug 2014

Talle spesialiste bedank glo by Universitas-hospitaal | News Article

Bloemfontein - Bykans tien ontevrede mediese spesialiste in verskeie departemente van die Universitas-hospitaal in Bloemfontein het die afgelope twee maande glo uit hul pos bedank.

Volgens ‘n ingeligte bron wat anoniem wil bly is bestuursprobleme op die hoogste vlak glo die rede.
Die bron het aan OFM-nuus gesê verskeie spesialiste in onder meer die afdelings kardiologie, interne geneeskunde, kardiotoraks-chirurgie en chirurgie het al bedank.
 
Die provinsiale bestuurder van die Vereniging van Staatsamptenare (VSA), Gerhard Koorts, sê dié probleme het skielik by die vooraanstaande opleidingshospitaal opgeduik.

Koorts meen die onaanvaarbare wyse waarop medici by die hospitaal behandel word dra by tot groot ontevredenheid. Volgens hom is daar nog meer medici by die hospitaal wat dit nou oorweeg om te bedank.
 
Die departement van gesondheid se woordvoerder kon nog nie kommentaar lewer nie.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Gerhard Koorts:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.