On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Bethlehem-onderwyser verskyn weer vir strafbare manslag

───   THANDI XABA 07:38 Thu, 28 Aug 2014

Bethlehem-onderwyser verskyn weer vir strafbare manslag | News Article

Bethlehem - 'n Man wat aangekla word van strafbare manslag sal vandag weer in die Bethlehem streekshof verskyn.

Die 34-jarige John Cordier, 'n onderwyser by die Maluti Hooglandskool in Bethlehem, word daarvan verdink dat hy sy 26-jarige vriendin, Petri Breed se dood veroorsaak het.
 
Nasionale Vervolgingsgesag-woordvoerder Phaladi Shuping, sê Breed is bewusteloos, maar lewendig op 'n sypaadjie van die Oos-Vrystaatse dorp gevind.
 
Sy is later in Mediclinic Bloemfontein dood. Dit blyk dat sy 'n ernstige kopbesering opgedoen het.
 
Cordier is op borgtog van R2 000 vrygelaat en hou steeds skool.
 
Thandi Xaba/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.