On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Shuttleworth: Aansoek om appèl vandag aangehoor

───   07:45 Thu, 28 Aug 2014

Shuttleworth: Aansoek om appèl vandag aangehoor | News Article

Bloemfontein - Die Appèlhof in Bloemfontein sal vandag 'n aansoek om appèl van die biljoenêr sakeman, Mark Shuttleworth, aanhoor teen 'n R250 miljoen heffing wat hy aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank moes betaal.

Shuttleworth se appèl hou verband met 'n uitspraak van Regter Francis Legodi, wat verlede jaar in Julie gemaak is.
Legodi het Shuttleworth se aansoek afgewys om die heffing, wat in 2009 gehef is om sommige van sy bates uit die land te verwyder, tersyde te stel.
 
Shuttleworth het die heffing onder beswaar betaal nadat hy R2.5 miljard van sy kapitaal na die Isle of Man verskuif het, waar hy woonagtig is.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.