On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Petri Breedt: Bethlehem-onderwyser ‘het besope vriendin na kar probeer help’

───   12:21 Thu, 28 Aug 2014

Petri Breedt: Bethlehem-onderwyser ‘het besope vriendin na kar probeer help’ | News Article

Bethlehem - Was hy aggressief? Het hy haar aangerand? Geensins! Die staat het Donderdagoggend sy eerste getuie geroep in die verhoor waarin John Cordier van Bethlehem van strafbare manslag aangekla word.

André van der Merwe het getuig hy het die oggend van die voorval 'n rumoer voor sy woonstel gehoor toe hy sien dat Petri Breedt, wat later oorlede is, meer besope as Cordier was.
 
Volgens hom het Cordier Breedt aan haar arms na sy motor probeer neem, maar sy wou nie. In die proses het sy oor sy bene geval en op haar gesig geland.
 
Cordier het haar toe opgehelp waarna sy weggehardloop het, berig André Damons. Sy was onvas op haar bene.
 
Van der Merwe het onder kruisondervraging gesê Cordier was nie aggressief teenoor Breedt nie en dat Cordier se hoofdoel was om Breedt in sy motor te kry.
 
Nico Naudé, Cordier se regsverteenwoordiger, het afgesluit deur te vra of hy die oorledene voor hom aangerand het waarop Van Der Merwe "geensins" geantwoord het.
 
 
In 'n verklaring wat in die hof gelees is het Cordier gesê hy het in belang van die oorledene opgetree.
 
Cordier word daarvan verdink dat hy Breedt se dood veroorsaak het.
 
Nasionale Vervolgingsgesag-woordvoerder Phaladi Shuping, sê Breedt is bewusteloos, maar lewendig op 'n sypaadjie van die Oos-Vrystaatse dorp gevind.
 
Sy is later in Mediclinic Bloemfontein dood. Dit blyk dat sy 'n ernstige kopbesering opgedoen het.
 
Cordier is op borgtog van R2 000 vrygelaat en hou steeds skool.
 
 
 
John Cordier in die hof. Foto: André Damons/Twitter 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.