On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

AfriForum staan op vir OB

───   11:18 Fri, 29 Aug 2014

AfriForum staan op vir OB | News Article

AfriForum het gister ‘n klag in verband met die oortreding van die Wet op die Openbare Beskermer by die polisie in Gauteng teen twee ANC-leiers ingedien.

Dit kom nadat ‘n reeks beledigende uitlatings vandeesweek teen die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, deur die
ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, en sy adjunk, Jessie Duarte, op ‘n nuuskonferensie by Lethuli-huis gemaak is.
 
AfriForum voer aan dit was ‘n direkte aanval op Mandonsela om die OB verdag te maak. Die oorsprong van die
bekgeveg is die OB se Nkandla-verslag en ‘n brief aan pres. Jacob Zuma wat in die media uitgelek het.
 
In die brief het Mandonsela daarop aangedring dat Zuma op haar Nkandla-bevindinge moet reageer.
 
OFM-Nuus se Christal-Lize Muller het betrokkenes en kundiges se reaksie gekry.
 

Podcasts

AfriForum beskerm OB:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.