On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Totsiens Jan Dagga

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:14 Fri, 29 Aug 2014

Totsiens Jan Dagga | News Article

Bloemfontein - Familie en vriende het vandag vanuit ‘n stampvol Maranatha-herlewingsentrum in Bloemfontein roerend afskeid geneem van die stad se geliefde Jan Taljaard, oftewel Jan Dagga, ‘n bekende gesig op sy fiets met die nommerplaat Jan Dagga.

Pastoor Hans Vermeulen het gesê Taljaard was altyd op pad met sy fiets deur die stad se strate. Hy het baie mense se harte aangeraak. Hy was 'n groot Christen en evangelis wat die Woord verkondig het met sy kenmerkende hemde waarop Christelike boodskappe geskryf was.
 
In ‘n huldeblyk het sy kleinniggie, Michelle Jones, gesê oom Jantjie, soos hulle hom genoem het, het graag stories vertel.

Taljaard is in die Bainsvlei-begraafplaas in die Emmanuelblok ter ruste gelê.
 
Hy is Vrydagaand in die stad dood toe hy met sy fiets teen ’n motorfiets gebots het.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Michelle Jones:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.