On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Brande saai verwoesting in VS

───   16:50 Fri, 29 Aug 2014

Brande saai verwoesting in VS | News Article

Clarens - By Clarens in die Oos-Vrystaat is boere en noodreddingswerkers vir ’n derde dag aan die veg teen ’n enorme veldbrand waarin sowat 65 000 hektaar weiveld reeds in die slag gebly het.

Tussen Harrismith en Warden word ook gespook om ’n brand, wat plek-plek weer opvlam, onder beheer te kry. Die voorsitter van die Vrystaatse sambreelliggaam vir brandverenigings, Thinus Steenkamp, sê met die kouefront het 12 veldbrande gister in die provinsie gewoed. Dit was die ergste brande nog hierdie winter.
 
Tussen Warden en Harrismith het na raming tussen 10 000 tot 15 000 ha veld in die slag gebly. Sommige boere het al hul weiveld verloor en gaan van hulpvoer afhanklik wees.
 
Steenkamp vra munisipaliteite, boere en mense om ag te slaan op die brandgevaarindeks.
 
’n Munisipaliteit wat onverantwoordelik was en voorbrande in die wind gemaak het, het een van die verwoestende veldbrande veroorsaak.

Vrystaat Landbou het ’n beroep op sy lede gedoen om boere wat skade gely het met voerskenkings te help.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Thinus Steenkamp:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.