On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

VS-gesondheidswerkers se verhoor uitgestel

───   LERATO LELIA 15:15 Mon, 01 Sep 2014

VS-gesondheidswerkers se verhoor uitgestel | News Article

Bloemfontein - Die verhoor van die 130 Vrystaatse gesondheidswerkers wat in Julie by Bophelo-huis in Bloemfontein gearresteer is tydens 'n nagwaak, is uitgestel tot 2 Oktober.

Die werkers het betoog oor onder meer salarisse wat glo maande lank nie aan hulle betaal is nie.
 
Hulle regsverteenwoordigers word nou die geleentheid gegun om dokumente te versamel en die aangeklaagdes kan ook intussen besluit presies hoe hulle wil pleit.
Die staat het vanoggend in die stad se landdroshof gesê hy is bereid om met die werkers en hul regslui te onderhandel. T
 
reatment Action Campaign-voorsitter, Sello Mokhalipi, is gelukkig met vanoggend se uitkoms.

Drie van die beskuldigdes het nie vanoggend vir die hofsaak opgedaag nie en 'n dagvaarding vir hul arrestasie is uitgereik.
 
Aanklagte teen een van die werkers, Dimakatso Dichakane, is ook vanoggend teruggetrek ná 'n mediasieproses en haar aanvaarding van die voorwaardes.
 
Lerato Lelia/OFM-nuus



Podcasts

Sello Mokhalipi:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.