On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Griekwastadmoorde eersdaags 'n fliek

───   LANI FOUCHÉ 16:22 Mon, 01 Sep 2014

Griekwastadmoorde eersdaags 'n fliek | News Article

Bloemfontein - Die bal is amptelik aan die rol gesit om die Griekwastad-tragedie wat meer as twee jaar gelede in dié Noord-Kaapse dorp afgespeel het, nou in ‘n film te omskep.

SAUK-joernalis, Jacques Steenkamp, se boek oor dié treurspel wat die land geruk het, Die Griekwastad-Moorde, sal moontlik binnekort op die silwerdoek verskyn.
 
In die boek pen Steenkamp sy ervaringe neer as verslaggewer oor die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp.
 
Internasionaal-erkende skrywer, Deon Meyer, se produksiemaatskappy, The Karoo Film Company, sal hierdie film in die lewe roep.
 
Steenkamp sê hy voel geëerd dat Deon Meyer hom hiervoor genader het, en dat dit ‘n uitdaging gaan wees om die storie vir film aan te pas.

Die boek se uitgewer, Random House Struik, se bemarkingsbestuurder, Amanda van Rhyn is baie opgewonde oor die onderneming.

Lani Fouché/OFM-nuus


Podcasts

Jacques Steenkamp:

Amanda van Rhyn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.