On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Ramphulp aan boere, sê DA in die Vrystaat

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:29 Tue, 02 Sep 2014

Ramphulp aan boere, sê DA in die Vrystaat | News Article

Bloemfontein - Die DA in die Vrystaat sê dit is die regering se plig om ramphulp aan boere in die Oos-Vrystaat beskikbaar te stel nadat sowat 180 000 ha veld die naweek in die distrik naby dorpe soos Bethlehem, Harrismith en Warden deur wegholbrande verwoes is.

Die DA-leier in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, sê die DA beoog om binnekort vrae aan die LUR van landbou, Mamiki Qabathe, te rig oor die regering se rampbestuursdienste.
 
Die DA wil ook weet hoe die departement geld beskikbaar stel vir ramphulp en hoe boere in aanmerking daarvoor kom.

Jankielsohn sê daar is geldelike tekorte om rampbestuur in die provinsie goed toe te pas. Daarmee saam is daar personeeltekorte en nie genoeg hulpbronne beskikbaar nie.  
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Roy Jankielsohn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.