On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Munisipaliteite moet verduidelik oor watergehalte: DA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:28 Tue, 02 Sep 2014

Munisipaliteite moet verduidelik oor watergehalte: DA | News Article

Brits - Die DA gaan na verwagting regstappe neem teen munisipale amptenare in topstrukture in Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap, waar hoë e.coli-vlakke in drink– en rioolwater voorkom.

Die DA se adjunk-skuduminister vir water en sanitasie, Leon Basson, sê dit kom nadat ‘n span van die DA die gehalte en toevoer van water by verskeie munisipaliteite getoets het.
 
Hy sê die ondersoek is begin na die uitbreking van diarree in Brits vroeër vanjaar wat die lewe van drie babas geëis het.
 
Volgens hom toon die ondersoek dat die e.coli-vlak van water by rioolsuiweringswerke by Brits en die Hartebeespoortdam veel hoër as die aanvaarbare norm is.

Basson sê die parlementêre komitee vir water en sanitasie beoog ook om die betrokke gebiede te besoek om nader ondersoek in te stel na die stand van sake.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Leon Basson:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.