On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Watervoetspoor onder die loep geneem

───   06:47 Wed, 03 Sep 2014

Watervoetspoor onder die loep geneem | News Article

Bloemfontein - Watervoetspoornavorsing, om te help verseker daar word nie op plase en in die vervaardigingsproses van kos met water gemors nie, word deur die Universiteit van die Vrystaat se departement landbou-ekonomie gedoen.

Die departement se Henry Jordaan, wat die navorsing vir die Waternavorsingskommissie en ander instansies lei, sê hulle wil hiermee help verseker vars water word doeltreffend gebruik in die voedselwaardeketting, van die plaas af tot op die verbruiker se tafel.
 
Jordaan sê water is 'n skaars hulpbron en hulle wil die volhoubaarheid daarvan help verseker.

As deel van dié projek word 'n konferensie vandag op die Kovsie-kampus gehou waarop watervoetspoorkundiges van Holland en Australië asook plaaslike wetenskaplikes gaan praat.


Podcasts

Henry Jordaan:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.