On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Sol Plaatje-Universiteit: Vise-kanselier nou hooftaak

───   OWEN KOCK 19:03 Thu, 04 Sep 2014

Sol Plaatje-Universiteit: Vise-kanselier nou hooftaak | News Article

Kimberley - Die Sol Plaatje-Universiteit in Kimberley is in die proses om ‘n vise-kanselier aan te stel na die eerste volwaardige raad op 19 Augustus ingehuldig is, met hul hooftaak om dié aanstelling te maak.

Yunus Ballim is tans die interim-hoof en volgens raadslid, Annette Combrink, word daar nou hard gewerk om ‘n permanente aanstelling te maak.
Die universiteit het sy deure in September verlede jaar geopen en daar is hoofsaaklik op onderwysopleiding gefokus, met ‘n spesifieke fokus op lewenswetenskappe, aardrykskunde, wiskunde en tegnologie.
Ander studierigtings sluit in inligtings-en-kommunikasie-tegnologie, ‘n program in bestuurswetenskappe waar ‘n diploma in sakehandelbestuur aangebied word en dan word daar, volgens Combrink veral uitgesien na die begin van die erfenisstudies-program.
 
Die universiteit het vanjaar 125 studente en 10 akademiese personeel, en die projeksie vir 2018 is 2000 studente en 112 personeel-lede.
 
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.