On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

VUT klasse hervat binnekort

───   10:17 Tue, 16 Sep 2014

VUT klasse hervat binnekort | News Article
Die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het Maandag gesê klasse sal binnekort by dié instansie hervat ná betogings op die kampus.

“Die VUT sal Woensdag weer sy kampus oopmaak,” het die universiteit in 'n verklaring gesê. Die koshuise sal egter eers toeganklik wees sodra alle heropeningsprosedures afgehandel is.

Die universiteit moes verlede week klasse opskort nadat studente amok gemaak het op die kampus tydens 'n betoging oor die finansiële hulpskema NSFAS. Die studente het 'n vergadering met Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, geëis.

“Die bestuur het tot dusver 50% van die NSFAS-tekort bygedra,” het die universiteit gesê. “Ander moontlikhede word oorweeg om 'n langtermyn en volhoubare oplossing vir die finansieringskrises te bekom.”

Die bestuur van die universiteit sal steeds met die studenteleierskorps vergader om die kwessies aan te spreek wat tot die betoging gelei het.

Intussen het die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) aangekondig dat hy sy studenteraad geskors het. Die universiteit het dié stap geneem na gewelddadige betogings by sy Pretoria- en Ga Rankuwa-kampusse ook oor die NSFAS.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.