On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Vermeende Vierfontein-plaasaanvallers verskyn weer

───   10:27 Tue, 16 Sep 2014

Vermeende Vierfontein-plaasaanvallers verskyn weer | News Article

Vierfontein - Die twee mans wat tereg staan vir die moord op 'n bejaarde Vrystaatse boer en die aanranding van sy vrou sal na verwagting vandag weer in die Vierfontein-periodieke-hof verskyn vir 'n borgtog aansoek.

Tankiso Beleme en Thuli Thabatha het na bewering die 81-jarige Buks Swanepoel en sy 80-jarige vrou Baby op hul plaas Sterkfontein, aangeval.
 
Buks het skedelbreuk opgedoen terwyl Baby ook kopbeserings gehad het.
 
Hy het sowat twee weke na die aanval gesterf.
 
Beleme is kort na die aanval deur die polisie en boere vasgetrek.
 
Thabatha is deur die polisie in Kanana, Orkney, in hegtenis geneem.
 
Hulle bly in aanhouding.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.