On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Mediclinic Bloemfontein wil veiligheid opskerp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:14 Tue, 16 Sep 2014

Mediclinic Bloemfontein wil veiligheid opskerp | News Article

Bloemfontein - Mediclinic Bloemfontein beskou twee selfmoorde in ‘n bestek van 18 maande in dié hospitaal in ‘n ernstige lig.

Hospitaalwoordvoerder, Amanda Appelgryn, sê alle moontlikhede om die hospitaal te beveilig word nou ondersoek.
 
Dit kom nadat ‘n 19-jarige Kovsie-student, Morné van der Westhuizen, gister van die hospitaal se sewende verdieping na sy dood gespring het. Die tweedejaar B.Ed-student van Brandfort was by sy vriendin en mede-student, Chrisna Botha, wat in die hoësorg-eenheid is nadat sy in ‘n perdry-ongeluk die naweek beseer is.
 
In April verlede jaar het die 46-jarige Sanli Botha ook na haar dood gespring baie naby aan die plek waar Van der Westhuizen dood is.
 
Volgens Appelgryn is dit noodsaaklik vir die hospitaal om voorvalle van dié aard te voorkom.

Appelgryn sê Botha, wat veelvuldige beserings opgedoen het, wat ernstige kopbeserings insluit, is steeds in ‘n kritieke toestand.
 
Haar familie en vriende is by haar.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Amanda Appelgryn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.